Home

Pork Pantry
Our consumer pages answer all your questions about pork.  Also try our  mouth-watering recipes.

SAPPO
About SAPPO
Contact us
Latest news
History
Objectives
Mission and vision
Structure
Why should I join?

Functions
Communication
Promotions
Serological tests
Residue tests
Research
MH gene
Market information

Provincial organisations
KwaZulu Natal PPO
Western Cape PPA
Free State PPA
Transvaal PPA

Pig Study groups
Limpopo PSG
Magaliesburg PSG
Northern Free State PSG
North West PSG
Gauteng PSG

Other role players
Pig Vet Society
Pig Breeders' Society
ARC-AII

Meet our input suppliers

Article archive

 

In gesprek met John Havenga

John Havenga is die nuwe president van SA Stamboek. Porcus het met hom gesels.

Wat is SA Stamboek en wat is die doel van die organisasie?

SA Stamboek is volgens die Veeverbeteringswet, 1977 (Wet 25 van 1977), die registrerende owerheid vir die registrasie van stoetdiere en die uitreik van registrasiesertifikate volgens die minimum rasstandaarde van die betrokke telersgenootskap.

Stamboek se missie is: Om die veestapel van Suid-Afrika te verbeter deur die kostedoeltreffende sertifisering van stambome, die integrering daarvan met die prestasiegegewens van diere en die doeltreffende bestuur van die geïntegreerde registrasie- en genetiese inligtingstelsel. Verder, om uitsonderlike dienslewering na te streef in die uitvoering van die doelstelling van die vereniging soos vervat in sy grondwet.

Stamboek se doelstellings is:

  • Om noukeuring verslae van die stambome, aantekening-/registrasiesertifikate en prestasiedata van diere te hou, stambome van ingevoerde genetiese materiaal te kontroleer en om aantekening- of registrasiesertifikate ui te reik en om sodanige stambome en aantekeninge in die formaat soos deur die vereniging, in samewerking met die veetelersgenootskap bepaal, te publiseer;
  • Om die teel en genetiese verbetering van die produksiepotensiaal van diere in Suid-Afrika aan te moedig;
  • Om sodanige funksies te vervul en pligte uit te voer soos deur die bepalings van die Veeverbeteringswet aan hom opgedra;
  • Om gesamentlik met die Landbounavorsingsraad: Diereverbeteringsinstituut, die Intergis 2000 te bestuur;
  • Om die voorwaardes van lidmaatskap van die vereniging te bepaal;
  • Om lidmaatskap aan veetelersgenootskappe toe te staan;
  • Om in die algemeen alles in sy vermoë te doen ter bevordering van die belange van telers van rasegte diere wat by die vereniging registreer, sowel as telers van kommersiële diere en Suid-Afrika en ander lande, indien versoek;
  • Om adviserende- en tegniese dienste aan sy lede te verskaf;
  • Om die uitvoer van diere, wat deur die vereniging aangeteken of geregistreer is, asook die uitvoer van semen, eiselle en embio’s van diere, wat in terme van die konsititusie van die vereniging geregistreer is, te bevorder.
  • Om die pligte van ‘n veetelersgenootskap uit te oefen in die geval van diere waarvoor daar nie ‘n veetelersgenootskap bestaan nie; en
  • Om generiese reklame te help beplan en koördineer.

SA Stamboek bestaan al vir meer as 75 jaar. Wat kan dit vir die gemiddelde varkvleisprodusent in Suid-Afrika beteken?

Stamboek het in 1905 tot stand gekom as ‘n nie-winsgewende organisasie. Dit is ‘n ten volle privaat organisasie met bates vanongeveer R10 miljoen, wat die eiendom is van alle stoettelers wat lede is van telersgenootskappe wat by SA Stamboek geaffiliëer is.

Stamboek is ‘n volle likd van ICAR (International Committee for Animal Recording) en alle Stamboek-sertifikate geniet dus internasionale erkenning.

Stamboek is ‘n onafhnaklike organisasie wat die aantekeningdata van stoetdiere verifiëer en toesien dat die data geloofwaardig is. Die registrasiedata of stambome van varke wat deur Stamboek gegenereer word, word geïntegreer met die prestasiedata van die LNR. Dié data word in teelwaardes verwerk wat die produsent help om die beste genetiese materaal te identifiseer om mee te teel. Dit het ‘n direkte involed op die produksiepotensiaal van die gemiddelde varkprodusent se diere en dus op winsgewerndheid. Marges is vandag van so ‘n aard dat slegs die produsent wat met meerderwaardige genetiese materaal produseer, kan oorleef.

Sonder die aantekening en verwerking van stambome en produksiemaatstawwe, kan hierdie meerderwaardige diere nie geïdentifiseer word nie.

Watter toekomsplanne het u vir die volgende twee of drie jaar vir SA Stamboek?

Volgens Stamboek se doelstelling moet die volgende onder meer bereik word:

  • Stamboek-personeel moet voortdurend geskool en aangemoedig word om ‘n diens te lewer — ‘n diens wat van so ‘n standaard en bekostigbaar is dat geen stoetteler daarson kan of wil wees nie.
  • Die beeld van stoetteling en die noodsaaklikheid daarvan aggressief uitdra en stoetteling bemark deur onder meer sy publikasie, die SA Stoetteler.
  • Stamboek se verhouding met sy hoof-vennoor in diere-aantekening, die LNR-DVI, moet voortdurend uitgebou en vernou word sodat die ideale "een-stop-diens", naamlik die "SA diere-aantekenngsdiens" so gou as moontlik ‘n gegewe word. (Hierdeur sal diere-aantekening vir die teler ‘n plesier en nie meer ‘n irritasie wees nie. Dit is ons visie!)
  • Stamboek moet gedurende die volgende paar jar sigbaar betrokke raak by die betrekking en opleiding van nuwe opkomende boere. Stamboek moet sigbaar betrokke wees by die opheffing van dié boere om hul ware kommersiële produsente te maak.
  • Stamboek moet ‘n groter rol speel in dienslewering aan die groter kommersiële bedryf. Dit moet egter op so ‘n wyse geskied dat die onderskeid tussen stoet- en kommersiële telers nie vervaag nie.

Dit sal gedoen word deur:

  • Die verantwoordelikheid van die stoetteler om waarlik slegs meerderwaardige genetiese materaal te bemark, meer te beklemtoon.
  • Die kommersiële produsent inlig en oplei om die waarde na bewese goeie teelmateraal te besef en ‘n behoefte daaraan by hom te skep. Hierdeur kan hy ook oortuig word dat hy bereid moet wees om ‘n hoër pryse vir sulke meerderwaardige diere te betaal.
  • Die kommersiële produsent van diens te voorsien deur sy diere wel aan te teken vir die doel van rekordhouding. Sodoende kan ‘n persentasie van hierdie telers uiteindelik beweeg word om net sowel hul diere te registreer.

Hoe belangrik is die identifikasie van die stoetdiere/bloubloeddiere binne ‘n omgewing wat vinnig verander?

Die identifiskasie van stoet- sowel as kommersiële diere is noodsaaklik omdat gee nrekrodhouding gedoen kan word sonder dat diere geïdentifiseer is nie.

In die moderne omgewing met die tegnologiese vordering wat daar op alle gebiede, ook in teling is, sal die produsent wie se diere nie geïdentifseer is nie, eenvoudig nie deel kan wee van vooruitgang nie omdat hul nie sal kan deel in die teelverbeteringshulpmiddels wat beskikbaar raak nie.

In watter mate kan Stamboek, die telersgenootskappe, SAVPO en die varkvleisprodusent ‘n groter eenheid vorm?

Stamboek verteenwoordig die stoettelers op verskeie produsente-organisasies soos die RPO, RMRDT, staatskomitees ens, waar sy hoofbestuurder ‘n direkte bydrae lewer en die stoetteler se beeld en behoeftes oordra. Dit verseker dat dieselfde doelwitte nagestreef word. Stamboek kan op dieselfde wyse by die varkbedryf betrokke raak om ‘n eenheid te vorm.

Wat is u mening oor die nuwe Veeverbeteringswet?

Die nuwe Veeverbeteringswet is saamgestel om in lyn met die land se Grondwet te wees.

Hoewel Stamboek aanvanklik nie met alle artikels saamgestem het nie omdat ons bekommerd is oor die moontlike fragmentering van die stoetbedryf met ernstige negatiewe gevolge wat uit die nuwe wet mag voortvloei, aanvaar ons die wet en gee ons volle samewerking daaraan.

Daar is wel baie positiewe aspekte in die wet vervat wat ten doel het om die land se ryk genepoel te verbeter en te beskerm. Ons is baie opgewonde oor die toepassing van dié maatreëls.