![]() |
|||||
|
Home
Pork
Pantry SAPPO
Provincial organisations
Pig Study groups
Other role players
|
In gesprek met John Havenga
John Havenga is die nuwe president van SA Stamboek. Porcus het met hom gesels. Wat is SA Stamboek en wat is die doel van die organisasie? SA Stamboek is volgens die Veeverbeteringswet, 1977 (Wet 25 van 1977), die registrerende owerheid vir die registrasie van stoetdiere en die uitreik van registrasiesertifikate volgens die minimum rasstandaarde van die betrokke telersgenootskap. Stamboek se missie is: Om die veestapel van Suid-Afrika te verbeter deur die kostedoeltreffende sertifisering van stambome, die integrering daarvan met die prestasiegegewens van diere en die doeltreffende bestuur van die geïntegreerde registrasie- en genetiese inligtingstelsel. Verder, om uitsonderlike dienslewering na te streef in die uitvoering van die doelstelling van die vereniging soos vervat in sy grondwet. Stamboek se doelstellings is:
SA Stamboek bestaan al vir meer as 75 jaar. Wat kan dit vir die gemiddelde varkvleisprodusent in Suid-Afrika beteken? Stamboek het in 1905 tot stand gekom as ‘n nie-winsgewende organisasie. Dit is ‘n ten volle privaat organisasie met bates vanongeveer R10 miljoen, wat die eiendom is van alle stoettelers wat lede is van telersgenootskappe wat by SA Stamboek geaffiliëer is. Stamboek is ‘n volle likd van ICAR (International Committee for Animal Recording) en alle Stamboek-sertifikate geniet dus internasionale erkenning. Stamboek is ‘n onafhnaklike organisasie wat die aantekeningdata van stoetdiere verifiëer en toesien dat die data geloofwaardig is. Die registrasiedata of stambome van varke wat deur Stamboek gegenereer word, word geïntegreer met die prestasiedata van die LNR. Dié data word in teelwaardes verwerk wat die produsent help om die beste genetiese materaal te identifiseer om mee te teel. Dit het ‘n direkte involed op die produksiepotensiaal van die gemiddelde varkprodusent se diere en dus op winsgewerndheid. Marges is vandag van so ‘n aard dat slegs die produsent wat met meerderwaardige genetiese materaal produseer, kan oorleef. Sonder die aantekening en verwerking van stambome en produksiemaatstawwe, kan hierdie meerderwaardige diere nie geïdentifiseer word nie. Watter toekomsplanne het u vir die volgende twee of drie jaar vir SA Stamboek? Volgens Stamboek se doelstelling moet die volgende onder meer bereik word:
Dit sal gedoen word deur:
Hoe belangrik is die identifikasie van die stoetdiere/bloubloeddiere binne ‘n omgewing wat vinnig verander? Die identifiskasie van stoet- sowel as kommersiële diere is noodsaaklik omdat gee nrekrodhouding gedoen kan word sonder dat diere geïdentifiseer is nie. In die moderne omgewing met die tegnologiese vordering wat daar op alle gebiede, ook in teling is, sal die produsent wie se diere nie geïdentifseer is nie, eenvoudig nie deel kan wee van vooruitgang nie omdat hul nie sal kan deel in die teelverbeteringshulpmiddels wat beskikbaar raak nie. In watter mate kan Stamboek, die telersgenootskappe, SAVPO en die varkvleisprodusent ‘n groter eenheid vorm? Stamboek verteenwoordig die stoettelers op verskeie produsente-organisasies soos die RPO, RMRDT, staatskomitees ens, waar sy hoofbestuurder ‘n direkte bydrae lewer en die stoetteler se beeld en behoeftes oordra. Dit verseker dat dieselfde doelwitte nagestreef word. Stamboek kan op dieselfde wyse by die varkbedryf betrokke raak om ‘n eenheid te vorm. Wat is u mening oor die nuwe Veeverbeteringswet? Die nuwe Veeverbeteringswet is saamgestel om in lyn met die land se Grondwet te wees. Hoewel Stamboek aanvanklik nie met alle artikels saamgestem het nie omdat ons bekommerd is oor die moontlike fragmentering van die stoetbedryf met ernstige negatiewe gevolge wat uit die nuwe wet mag voortvloei, aanvaar ons die wet en gee ons volle samewerking daaraan. Daar is wel baie positiewe aspekte in die wet vervat wat ten doel het om die land se ryk genepoel te verbeter en te beskerm. Ons is baie opgewonde oor die toepassing van dié maatreëls. |
||||