|
Home
Pork
Pantry
Our consumer pages answer all your questions about pork.
Also try our mouth-watering recipes.
SAPPO
About
SAPPO
Contact
us
Latest
news
History
Objectives
Mission and vision
Structure
Why should I join?
Functions
Communication
Promotions
Serological tests
Residue tests
Research
MH gene
Market information
Provincial organisations
KwaZulu Natal PPO
Western Cape PPA
Free State
PPA
Premier
Pork Producers
Pig Study groups
Limpopo PSG
Magaliesburg PSG
Northern Free State PSG
North West PSG
Gauteng PSG
Other role players
Pig Vet Society
Pig Breeders' Society
ARC-AII
Input suppliers
Article archive
|
Daar is meer aan
meting as wat produsente dink
Verskeie faktore kan n invloed op die meting van parameters soos
GDT en voeromset hê en dit sal produsente baat om dit versigtig
en noukeurig te bestuur. Dít is die boodskap van Reon Oosthuizen,
bestuurder Kanhym se Middelburg varkeenheid.
Groei word gemeet as toename in kilogramme per dag en daar moet in gedagte
gehou word dat die akkuraatheid van IN en UIT gewigte baie belangrik
is.
Wat metingsisteme betref, sluit voorbereiding, die keuse van die groep varke
(bevolkingsgrootte en tydperk), data vorms-indeling, daaglikse rekordhouding,
gerekenariseerde formules, akkuraatheid (skale), doelwitstelling en omgewingsomstandighede
in lyn met doelwit, in.
Teikens
Teikens kan histories, volgens die bedryf se norme, of persoonlike doelwitte
wees. Inligting moet gebruik word om vergelykings te tref, nie net histories
nie, maar ook wat betref die verlangde resultate.
Wanneer produsente probleemgebiede probeer bepaal, moet daar gekyk word na watter
faktore n rol gespeel het. Daarom is dit belangrik dat alle faktore aangeteken
sal word. Dit sluit in voer-aflewerings, rantsoen-verandering, toesig oor voerbakke,
verandering in seisoene en die arbeidsklimaat op die plaas.
Probleme kan uitgeskakel word deur behoorlik voorafopgestelde prosedures wat
nie net onder streng toesig en kontrole moet plaasvind nie, maar ook aangeteken
moet word. Indien moontlik moet voer vooraf in sakke verkry word en individuele
oorplaatjies moet aan varke gegee word. Gereelde metings, steekproewe en opvolg
van proewe is ook noodsaaklik.
Dit is belangrik om inligting reg aan te wend. Veranderinge moet om die regte
redes gedoen word, veral waar dit oor werksprosedures gaan. Skakel eerder die
oorsaak van die probleme uit en moenie huiwer om die hulp van n konsultant
in te roep en ook verdere metings te doen nie.
By die groeikudde is voeromset die belangrikste aanwyser van koste per eenheid
asook van wins. n Vergelyking in doeltreffendhede tussen produseerders
is onrealisties as voerkostes nie bekend is nie.
Eindpunt
Die probleem met die meting van groeivarke is dat daar nie altyd n vasgestelde
eindpunt is nie. Die populasie is ook gedurig aan die verander. Variasie in massa
is die oorsaak dat daar uit meer as een huis bemark word. Dit is dus die beste
as meting met kleiner, ewekansig geselekteerde groepe, oor korter tydperke gedoen
word. Hier speel oorplaatjies en nommers plus varkdae, personeel en bestuur sowel
as kontrole n groot rol.
Omgewingsbeheer is n wye begrip. Waar sisteme reeds bestaan, moet dit
in goeie werking gehou en gereeld hersien word. Omgewing sluit in temperatuur,
ventilasie, beskikbaarheid van water, voertoegang, higiëne, vervangingstempo
en R&M in.
Aksies wat gevolg kan word, sluit in R&M, behoorlike prosedures, voorkomende
optrede, opleiding van personeel, roetinebesoeke, oplet na varkgedrag, beplanning,
toesig oor werk tydens naweke, die voorsiening van benodighede aan werkers asook
die regte voer.
Bestuursfoute
Daar is algemene bestuursfoute wat dikwels gemaak word. Hou die volgende in gedagte:
Moet nooit aanvaar alles is reg nie.
Moet nooit onbetrokke wees nie.
Moet nooit aanvaar dat alle opdragte presies uitgevoer word nie.
Maak self seker.
Verskaf verstaanbare en volledige prosedures en reëls.
Maak seker jy word verstaan.
Neem mense in diens wat belangstel en trots is.
Behandel werknemers met respek.
Deurlopende opleiding moet gedoen word.
Gee erkening.
Haal slegte invloede uit.
Fabriek
As produsente ekonomies wil produseer, moet hulle aan hul besigheid as n
varkvleis-fabriek dink. Die hoof-grondstof is mielies en voer beslaan 66% van
die totale koste om n vark te produseer.
Groeivarke gebruik tussen 70% en 75% van alle voer, dus is die prys van voer
van kardinale belang. Ander faktore wat in ag geneem moet word, is genetika,
arbeidskoste, vermorsing, bemarkingsgewig en voeromset en ander produksiekoste.
|