Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips

 

 

Gevulde varktjops

Vra jou slagter of supermarkvleistoonbank se personeel om die varktjops vir jou ‘n bietjie dikker as gewoonlik te sny – ongeveer 2 tot 2,5 cm dik.

25 ml olyfolie
4 – 6 varktjops, vet afgesny volgens jou smaak
enige vleisspeserye waarvan jy hou
sout en peper

Vulselbestanddele:

30 ml fyngekapte, droë appelkose
30 ml sagte witbroodkrummels
15 ml gekapte vars kruie of pietersielie
15 ml fyngekapte ui
15 ml suurroom of crème fraiche of gladde maaskaas of roomkaas

Verhit jou oond teen 180°C.

Druk die varktjops droog met kombuispapier en gebruik ‘n skerp mes om ‘n "sakkie" in elkeen van die tjops te sny.

Meng al die vulselbestanddele en druk ongeveer 15 – 25 ml vulsel met ‘n lepel in die sakkie van elke varktjop.

Steek die openinge goed vas met tandestokkies.

Verf die tjops met olyfolie aan albei kante.

Verhit ‘n riffelpan of ‘n swaarboompan op ‘n stoofplaat en sit die tjops een vir een in die pan (gebruik ‘n tang, nie ‘n vurk nie).

Moenie die tjops te gou omdraai nie – braai hulle ten minste 2 – 3 minute aan die een kant voordat dit omgedraai word. Geur liggies met vleisspesery.

Draai die tjops om en braai weer ongeveer 2 minute aan die ander kant. Gebruik ‘n tang om die tjops op hulle kante te draai in die pan, om sodoende die buiterandjies ook goudbruin te kry.

Geur met vleisspeserye, sout en peper.

Sit die tjops in ‘n oondvaste bak en sit vir 8 – 12 minute in die voorafverhitte oond sodat die tjops se sappigheid egalig kan versprei, en die vulsel binne-in ook deurwarm kan word.

Verwyder die tandestokkies en sit voor met gebotterde noedels of kapokaartappels en enige vars groente of slaai.