Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips

 

 

Vark (Bobotie) frikkadelle

30 ml olyfolie
1 – 2 uie gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
5 – 10 ml vars gemmer
15 – 25 ml kerriepoeier (na gelang van jou smaak)
15 ml appelkooskonfyt/bruin suiker, fyn
15 ml asyn/suurlemoensap
1 kg varkvleis (met ‘n lae vetinhoud)
15 ml fyngekapte koljanderblare (opsioneel)
1 – 2 snye witbrood
125 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 klein eier, geklits (of ½ groot eier)
olie om die frikkadelle in te braai

Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die ui, knoffel en vars gemmer totdat die ui sag

is. Voeg die kerriepoeier by en braai totdat die kerrie al die olie geabsorbeer het.

Voeg die appelkooskonfyt en asyn by, roer todat alles goed gemeng is en sit eenkant.

Verhit nog ‘n biejie olie in die pan en braai die varkmaalvleis daarin todat dit grys en effens ligbruin is. Druk fyn met ‘n vurk.

Week die brood in die melk, druk dit fyn met ‘n vurk , en voeg saam met die fyngekapte koljanderblare by die vleismengsel.

Voeg die uiemengsel by, geur goed met sout en peper en roer liggies met ‘n vurk todat alles goed gemeng is.

Vorm in ronde frikkadelle en pak in ‘n gesmeerde oondbak. Verf liggies met ‘n bietjie olie bo-op en bak 35 – 40 minute by 180°C.

Sodra die oondbak uit die oond kom, plaas dit eenkant in die kombuis todat die frikkadelle weer al die vleissappe geabsorbeer het voordat dit bedien word, of voordat dit uit die oondbak uitgeskep word.

Die frikkadelle kan ook in ‘n biejie vlak olie in ‘n pan gebraai word todat dit ligbruin aan weerskante is en deurgaar is.

Sit voor saam met jou gunsteling sambal, slaaie en rys of pasta.