Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips

 

 

Varkskenkels in witwyn gebak

1,5 – 2 kg varkskenkels, in skywe gesaag
1 ui, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
sonneblom of olyfolie
1 bottel droë witwyn
4 aartappels, in dun skywe gesny
‘n mengsel van fyn koljander, fyn komyn en fyn gemmer
sout en peper na smaak
of
gebruik ‘n pakkie sampioensoppoeier

Sny die buitenste vel van die skenkels deur met ‘n skerp messie of lemmetjie. Dis ook ‘n goeie idee om jou slagter te vra om dit vir jou te doen. Dit sal verhoed dat die vel omkrul.

Braai die skenkels liggies bruin in die olie, verwyder en hou warm. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend.

Pak lagies varkskenkels en ui in ‘n oondskottel en geur elke laag met sampioensoppoeier, of die koljandermengsel en sout en peper.

Verhit die wyn in ‘n beker in die mikrogolfoond. As jy nie sampioensoppoeier gebruik nie, kan jy ‘n hoenderekstrakblokkie in die warm wyn oplos.

Skep genoeg wyn oor die skenkels om dit net-net te bedek. Sit deksel op.

Bak 1,5 tot 2 ure in in voorafverhitte oond (180°C), haal uit en plaas die aartappelskywe bo-op. Borsel die aartappelskywe met olyfolie.

Bak nou verder oop in die oond totdat die aartappelskywe sag en gaar en ligbruin bo-op is. Sit voor saam met noedels of rys.

Variasie

In plaas van die koljandermengsel kan jy ook jou gunsteling speserymengsel gebruik.

As jy nie die sampioensoppoeier gebruik nie, kan jy die sous verdik met 20 ml mielieblom wat met koue water aangemaak word tot ‘n pasta. Voeg dit dan by die wyn voor die wyn oor die skenkels geskep word.

Jy kan ook gebraaidie skyfies sampioene (of geblikte sampioene) by die skenkels voeg voordat dit in die oond gebak word.

Die skenkelgereg sal baie souserig wees, dus is dit ‘n goeie idee om sagte broodrolletjies byderhand te hou om die sous mee "op te vee".