![]() |
|||||
|
Recipes What can I do with the
various pork cuts
|
Maklike
varkvleisschnitzels
Droog schnitzels af met kombuispapier en vryf in met geurmiddel of sout en peper. Sit koekmeelblom in ‘n plastieksakkie en skud die schnitzels een vir een in die meel . Doop nou elke schnitzel in geklitste eier en strooi nou die droë broodkrummels aan weerskante van die eierbedekte schnitzel. Sit oop op ‘n bord in die yskas vir minstens 30 minute. Die rustyd in die yskas sal verseker dat die krummels nie afval as dit gebraai word nie. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die schnitzels (verkieslik een vir een) daarin totdat dit goudbruin aan albei kante is. Probeer om dit net eenkeer in die pan om te draai. Sit voor met kapokaartappels en ‘n bros, vars slaai. Bedien ook met skyfies suurlemoen wat oor die schnitzels uitgedruk kan word. Die suurlemoensap gee ‘n ekstra lekker smakie aan die gebraaide schnitzels. |
|
|||