Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips

 

 

Gunsteling varkvleiskerrie

Hierdie kerrie is veral lekker as jy dit al die vorige dag kan maak

1 kg – 1,5 kg varkboud of dikrib, in blokkies gesny
olie vir braai
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
25 – 30 ml matige kerriepoeier
10 – 15 ml garam masala
5 ml borrie
sout en peper na smaak
1 hoenderekstrakblokkie
250 ml appelkoossap
1 klein appel, fyngerasper
3 – 4 aartappels, geskil en in skywe gesny

Druk die varkblokkies droog met kombuispapier. Braai die blokkies in warm olie tot goudbruin (nie donkerbruin nie) en skep uit.

Braai die ui, knoffel en gemmer totdat dit sag is. Voeg nog ‘n paar druppels olie by en voeg die kerriepoeier, masala en borrie by.

Roer en braai todat die speserye die olie geabsorbeer het. Skep die vleisblokkies terug in die kastrol. Geur met sout en peper. Los die hoenderekstrakblokkies in die appelkoossap op en skep die warm appelkoossap oor die vleis. Plaas die deksel op en prut oor stadige hitte vir ongeveer 35 minute. Voeg die appel en aartappelskywe by, geur weer met sout en peper en prut verder totdat die aartappels heeltemal sag is.

Indien verkies, kan die sous verdik word met tapioka wat vooraf in koue water geweek is, of met ‘n mielieblompasta.

Bedien met rys en gestoomde groente. ‘n Piesangslaai wat met joghurt gemaak word, is ook heerlik hierby.