![]() |
|||||
|
Recipes What can I do with the
various pork cuts
|
Vinnige
varkvleisroerbraai
Druk die varkrepies droog met kombuispapier. Gebruik ‘n wok of dikboompan en verhit die olie tot warm. Roerbraai eerste die varkrepies tot ligbruin, en voeg dan die groentes een vir een by totdat alles in die pan is. Hou die heel tyd aan met roer sodat alles deurgaar word. Klein bietjies ekstra olie kan van tyd tot tyd bygevoeg word, asook teelepelsvol kookwater. Dit sal verhoed dat die groente vasbrand. Geur die gereg met Chinese Five Spice Powder, sojasous en sesamolie. Proe vir geur. Meng die appel cider asyn mielieblom, sjerrie en suiker en roer heel laaste in. Strooi die geroosterde sesamsade oor en bedien op warm noedels. Wenke Enige vars groente wat in dun repies gesny word, kan gebruik word. Klaargekoopte soet-suur sous kan ook aan die einde van die gaarmaakproses bo-oor geskep word, in plaas van die sojasousmengsel. Laat soms die noedels weg en skep die vleis en groentemengsel in warm pitabroodjies. Die roerbraaigereg is ideaal vir verslankers. |
|
|||