Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips

 

 

Oondgeroosterde varknek

Die varknek is ‘n prima-snit, wat altyd ‘n sappige oondroosterstuk lewer. Bestel dit verkieslik vooraf by jou slagter.

1 heel varknek, ontbeen (ongeveer 2 – 2,5 kg)
roosmaryn en olyfgeursel (of jou gunsteling vleisspeserye)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
olyfolie

Verhit die oond vooraf teen 170°C.

Vryf die varknek in met speserye (jy kan ook knoffelpasta daarin vryf) en daarna met olyfolie.

As jy tyd het, laat "rus" die net nou vir ‘n uur in die yskas. (Bedek liggies met kleefplastiek)

Plaas die nek oop op ‘n draadrakkie bo-op ‘n oondpan, en sit in die middel van die voorafverwarmde oond.

Bereken die totale gaarmaaktyd as volg: Bak 1 uur vir elke kilogram vleis, en voeg 20 – 25 minute ekstra gaarmaaktyd by aan die einde van die gaarmaakperiode.

‘n Varknek van 2,5 kg sal dus 2 uur en 30 minute in die oond wees, waarby jy dan nog ‘n 20 minute byvoeg aan die einde van die gaarmaaktyd.

Verwyder die nek uit die oond en plaas dit in die warmlaai van jou oond of op ‘n louwarm plek vir 15 minute om te "rus". Dit sal ‘n sappige eindproduk lewer.

Bedien met gebakte aartappels en gestoomde blomkool en kaassous.

Die pansapppe wat onder in die oondpan afgedruk het kan gebruik word om ‘n lekker vleissous mee te maak wat oor die skywe varknek geskep kan word.