Home

Pork Pantry

Recipes

What does
healthy pork look like?

What can I do with the various pork cuts

Is pork
fatty and high in cholesterol?

How can I keep a serving of pork
low in fat?

Is pork rich in
vitamins and minerals?

How does pork compare to
other meats?

Why
SA pork?

Shopping
tips


 

 

Suurlemoenverglansde varkboud op die braai

10–12 porsies

‘n Uitstekende onthaalresep! Wonderlik glansryk, baie meer ekonomies as die gewone biefstuk en tjops en boonop gesond. Die suurlemoen-bedruipsous komplementeer vark besonder goed. Sit voor met ‘n soeterige kweper- of appelsous.

• 1 klein varkboud van ± 3,5 kg (vra die slagter om die vel af te slag en dan in repe te sny)
• Ina Paarman se Suurlemoen-en-swartpeper-geurmiddel
• Olyfolie
• 1 x 200 ml Ina Paarman se Suurlemoen-en-kruie-bedruipsous

Prik die vel oral oor en plaas dit oop op ‘n stuk botterpapier in die yskas om droog te word. Dit gee ekstra brosheid aan die vel.  Vryf die vleis oral oor met geurmiddel en dan met olyfolie. Bedek en laat staan oornag in die yskas. Bring tot kamertemperatuur voor dit gaargemaak word.

Steek die gasbraai aan of berei ‘n stadige vuur in jou ketelbraai. Hou ‘n paar brikette om by die vuur te voeg omdat die boud sowat drie uur lank stadig gaan braai, afhangend van sy grootte.

Plaas die vleis op die rooster en braai stadig. Bedruip die boud gereeld gedurende die laaste uur. Hou aan om dit elke 20 minute te bedruip totdat al die sous gebruik is.

Haal die vel teen die einde van die gaarmaaktyd uit die yskas. Haal die vleis van die rooster af, bedek en laat rus 15 minute voordat dit voorgesny word.

Stel die gas hoër of voeg nog brikette by die vuur. Sny die vel in repies en vryf met Suurlemoen-en-swartpeper-geurmiddel en olyfolie.

Begin dit op die velkant eerste braai tot bros en vol blasies. Braai nou op die vetkant tot bros.

Sny die boud in netjiese skywe. Sit aan elke gas ‘n paar skyfies voor en ‘n stukkie brosgebraaide vel. Kweperpuree of appelsous is heerlik saam met vark. Mieliepap met kaas en ‘n groot groen slaai met al jou gunsteling-bestanddele is altyd ‘n treffer.